LEEF JOU LEWE

Posted: Februarie 2, 2012 in Uncategorized

LEEF JOU LEWE
Niemand is in beheer van jou geluk nie, behalwe jy en jou lewe in God.
Wat ander van jou dink het niks met jou te doen nie.
Moenie jouself te ernstig opneem nie.
Lag vir die simpel dingetjies. Lag vir jouself.
Speel meer speletjies, kyk meer flieks en lees meer.
Moenie jou lewe met ander vergelyk nie.
Droom meer terwyl jy wakker is.
Tyd genees meeste wonde. Gee tyd, tyd!!!
Stap elke dag vir 10minute en glimlag terwyl jy dit doen.
Die lewe is te kort om enige iemand te haat.
Vergewe almal vir alles.
Brand daardie kerse, gebruik die goeie linne, dra die nuwe klere wat hang in die kas.
Moenie aanhou wag vir n spesiale geleentheid nie.
Vandag is spesiaal !!!


 
 Mag jy vandag heeldag jou koffie uit jou Piering drink, omdat jou beker oorloop van Seëninge direk van Bo

7 Klippies

Posted: Februarie 2, 2012 in Uncategorized

 Daar’s sewe klippies in jou sak

Deur die Here vir jou ingepak

Sodat jy ene weg kan gooi,

Vir elke tiende jaar voltooi.

 

 Eerste klippie, geen probleem

Die spel sal donkiejare neem

Dink ons in ydel kinderwaan

Die lewe gaan vir ewig aan

 

 Op twintig waai die tweede klip,

Yl van moestas en rooi van lip,

Windmakerder kan jy nie kry

Wat ek wil, skuld die wêreld my

 

  Klippie drie die laat jou dink,

Vir dertig jaar het jy rinkink,

Vier sewendes is daar nou oor

Om op te maak vir tyd verloor.

 

 As uit jou hand die vierde val,

Dan vlek die grys jou slape al

En dit wat in die sak oorbly

Te min om als gedoen te kry.

 

 Dan kom jy by halwe honderd,

Nou galop die tyd bedonnerd

En na die bult-op lewenspad,

Beginne jy die afdraand vat.

 

 Voorlaaste klippie nommer ses

Glip uit die sak voor jy sê mes

Die wat gewerk het vir ‘n baas

Kry sy persent en groet vir laas.

 

 Wee, o wee, nou klippie sewe,

Skriftuurlik het jy klaar gelewe,

Daar kom nou veel genade kort.

 

 Vir die wat dalk wil tagtig word.

Daar is natuurlik taai kalante,

Jy sien hul soms in die koerante,

Wat net nie wil die emmer skop,

En eers na honderd om sal dop.

 

 Of jy nou tot vervelens lewe,

Of tata sê hier rondom sewe,

By watter klip jy ookal stop

Gaan sal ons, die tyd raak op.

Ons wens jou dus ‘n sakvol klip,

Genoeg vir daardie honderd trip

 

 En vreugde in jou kook en bak,

Tot jou knieë daar op oudag knak.

Nou ja, ou maat, daar het jy dit,

Al wat ons nou kan doen is bid

Vir gesondheid, liefde en geluk,

Met voorspoed vir die oorblystuk!

Lappie-smous

Posted: November 3, 2011 in Uncategorized

Voor dagbreek een Vrydag sien ek ‘n jongman, aantreklik en sterk, deur Die agterstrate van ons stad loop. Hy trek ‘n karretjie waarop ‘n spul lappe lê.  Hulle lyk pragtig skoon, nuut en helderkleurig.

“Lappe! Lappe! Lappe!  Nuwe lappe vir oues!” roep die jongman. “Ek neem Jou stukkende lappe!  Kom ruil dit om vir nuwes.”

“Merkwaardig”, sê ek vir myself.  Dit lyk na so ‘n gawe, sterk jong man.  Sou hy dan nie ‘n beter werk kan kry nie?  Waarom nou met lappe smous?  My nuuskierigheid was so geprikkel dat ek hom gevolg het.  En ek is nie teleurgestel nie.  By die eerste huis waar die lappiesmous verbygaan, sit ‘n vrou op die stoep en huil. Haar sakdoek was sopnat en haar skouers het geruk van die snikke.  Dit was duidelik: haar hart was stukkend.

Die lappiesmous het sy karretjie gestop en na die vrou gestap.  “Mevrou, Gee jou lap vir my”, het hy saggies gesê, “ek sal vir jou ‘n nuwe lap gee.”  Toe neem hy die sakdoek en plaas ‘n nuwe lapsakdoek in haar handpalm.  Toe begin hy weer sy karretjie trek terwyl hy met sy ander hand ‘n snaakse ding doen. Hy sit die vrou se nat sakdoek teen sy oë en begin self huil.   Die vrou se trane het intussen opgedroog.

“Dis ‘n wonder!” het ek uitgeroep, en die huilende lappiesmous verder gevolg. “Lappe! Lappe! Nuwe lappe vir oues!” roep hy.

Kort daarna kom die lappiesmous op ‘n jongmeisie af.  ‘n Erg bebloede verband was rondom ‘n yslike wond aan haar kop gedraai.  Haar oë was dof En leeg. Toe haal die lappiesmous ‘n vrolike geel laphoed uit sy karretjie.

“Kom, gee my jou lap en ek sal jou myne gee!” bied hy aan.  Die meisie het hom net aangestaar.  Toe gaan hy nader en haal met ‘n teer gebaar die bebloede verband van haar kop af en draai dit om sy eie kop.  Skielik het sy begin glimlag.  Ek het na my asem gesnak, want saam met die verband het die wond gekom.  Die bloed het nou oor sy gesig gestroom, en haar wond was genees.  “Lappe! Lappe!  Ek ruil ou lappe vir nuwes!” roep die sterk, huilende, bloeiende lappiesmous.

Toe hy ‘n man met net een arm raaksien, vra hy: “Het jy werk, meneer?”  “Is jy laf? Antwoord die afarm-man bitter. “Wie sal my kan gebruik?” “Gee my jou baadjie, dan gee ek jou myne,” antwoord die lappiesmous met gesag.  Toe die ruiltransaksie voltooi is, kon ek my oë nie glo nie.  Die man het nou twee volmaakte arms gehad en die lappiesmous net een! “Gaan werk nou!” was die lappiesmous se vriendelike bevel.

So het die lappiesmous aangestap: huilend, bloeiend, gebreklik, oud en siek. Met sy enigste arm het hy sy karretjie getrek. My hart wou breek toe ek die droewige verandering in die mooi, sterk man se voorkoms sien.

Toe hy by die vullisdepot op die heuwel buite die stad kom het hy daar inmekaargesak en gesterf.

Ek het my seker aan die slaap gehuil – en later agtergekom dat ek dwarsdeur die res van daardie Vrydag en die Saterdag daar gelê en slaap het.
Die Sondagmôre vroeg is ek wakker geskok deur ‘n verblindende lig wat rondom  my skyn. Toe my oë daaraan gewoond raak, was ek die getuie van die wonder van alle wonders.

Voor my het die lappiesmous gestaan. Hy was weer jonk en mooi en lewend!
En al die lappe wat hy langs die pad by stukkende mense gekry het, was silwerskoon.

Ek stap toe na hom toe en vra: “Trek my ook nuut aan.”

Toe verruil my Here my vodde vir pragtige nuwe klere, en sê: “Gaan Vertel vir jou vriende: As julle mekaar liefhet, sal almal weet julle is My lappiesmouse vir die wêreld.”

0o_ o0 0o_ o0 0o_ o0 0o_ o0

MAG JY*..

– Nooit omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.
– nooit ophou wanneer jy verloor het nie.
– nooit bly lê wanneer jy geval het nie.
– nooit haat wanneer jy nie waardeer word nie.
– nooit hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.
– nooit rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.
– nooit in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.

MAG JY*.

– Altyd lewe met die wete dat jy met ‘n doel lewe.
– altyd ly in die geloof dat lyding krag bring.
– altyd doen met die besef dat dit jou taak is.
– altyd gee en deur jou gawe verryk word.
– altyd gereelmagtigheid en ondersteuning
– altyd lewe met die oog op die onsienlike.

Geniet ‘n wonderlike dag met God aan jou Sy!

25 Junie 2006

Posted: Junie 28, 2011 in Uncategorized

Die 25 Junie was dit  5 jaar terug wat Mike die vreeslike ongeluk gehad het.

Boeing 747 runs over SAA ground engineer

      Gill Gifford
    June 26 2006 at 05:48AM
 
A South African Airways ground engineer has had to have his leg amputated after he was trapped under the wheels of a Boeing 747 on Sunday in a freak accident.The man, whose identity has not been disclosed as his family had not yet been informed of the incident, was attempting to place chocks on the wheels of the British Airways plane as it parked on the Delta apron at the Johannesburg International Airport on Sunday morning.

Airports Company of South Africa (Acsa) spokesperson Bryan Thompson said the incident happened at about 7am as the flight from London taxied into the airport and parked. Passengers were kept waiting on board for almost an hour as paramedics helped the man, who was trapped under the wheels.

“His condition was serious and necessitated that he be airlifted to hospital,” Thompson said.

SAA spokesperson Jacqui O’Sullivan said the massive plane had taxied in to the parking spot and the ground engineer was preparing to “chock the aircraft”; which she described as putting into place equipment that “works like putting a brick behind the wheel of your car”.

She said the man was airlifted to Milpark Hospital and immediately underwent surgery. His right leg had to be amputated.

Zambia News Agency

Investigation continues into SAA accident

Johannesburgh, June 26, ZANIS The ground Engineer who was injured while trying to wedge the wheels of a Boeing 747 at the Johannesburg International Airport yesterday has had his right foot amputated.

South African Airways (SAA) spokesperson Jacqui O’Sullivan told BuaNews that the man was airlifted to the Milpark hospital where his foot was amputated yesterday.

His condition has been described as stable.

Ms O’Sullivan said the cause of the incident was not yet confirmed but investigations were continuing.

The accident happened yesterday morning when the plane was being parked and the victim was about to “cock” the aircraft – positioning mechanisms on either side of the plane’s wheels to prevent it from moving – but he got trapped.

“We suspect he slipped but we cannot confirm what happened because investigations into the matter are still underway,” she said.

She said SAA was in constant contact with the man’s family and made sure they got to the hospital after notifying them of the incident. ZANIS/BUANEWS/ENDS

Man in waakeenheid ná vliegtuig oor hom ry en voet vaspen
25/06/2006 21:48 – (SA)

 
 

JOHANNESBURG. – ’n Man het gisteroggend sy voet verloor nadat hy glo vir langer as 20 minute onder ’n Boeing 747 op die Johannesburg-lughawe vasgekeer was.

Die ingenieur was glo besig om ’n stopblok onder die vliegtuig se wiele in te sit, toe die vliegtuig agteruit geloop en oor hom gery het.

“Ons is vreeslik geskok oor die voorval en weet nie hoe dit gebeur het nie,” het me. Lin Glass, uitvoerende bestuurder van British Airways in Suider-Afrika, gister gesê. Die vliegtuig het pas van Londen af geland toe die man daaronder vasgevang is.

Hy is ’n werknemer van SAL se tegniese afdeling, wat ook op ’n kontrakgrondslag vir British Airways werk.

“Hy het jare se ondervinding,” het me. Jacqui O’Sullivan, SAL-woordvoerder, gesê.

SAL wou nie die man se naam bekend maak nie.

Volgens Sapa het werkers gesien hoe hy flou word voordat die vliegtuig oor hom gery het.

Die Burger verneem hy is kort ná die ongeluk na die Milpark-hospitaal in Johannesburg gevlieg waar hy dadelik by die ongevalle-teater opgeneem is.

EN SO WAS DAAR BERIGTE IN AL DIE KOERANTE

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

En is mos toe ook blind agv ongeluk en nou na 5 jaar kan hy nogsteeds niks sien nie.

Ons bid en hoop maar dat hy wel eendag weer kan sien.

 

 

MISMOEDIGHEID

Posted: Junie 6, 2011 in Uncategorized

Mismoedigheid/ mooiste boodskap

Daar word vertel dat die duiwel op ‘n keer bankrot gespeel het
en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was
om die regte prys te betaal.

Op die aand van die vendusie was al die gereedskap pragtig uitgestal
en het die hele bose lot daar gelê:
Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid, owerspel, moord, vyandskap, woede,
en al die ander bose stukke gereedskap, elkeen met sy prys.

Maar aan die een kant, apart van die ander gereedskap het ‘n stuk gereedskap gelê wat duidelik al baie gebruik was.
Dit het ‘n prys gehad wat baie hoër was as al die ander.

Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit dan was. Die antwoord was: Dit is Mismoedigheid.
Nou waarom is dit dan so duur, wou die persoon weet.
Omdat hy vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die duiwel gesê.
Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en binnedring
wanneer ek dit nie kan doen met enige van die ander gereedskapstukke nie.

En as ek eers binne is, kan ek hom gebruik net soos dit my pas.
Die stuk is al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens.
Want sien, baie min mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort.

Al wat ek kan sê is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit nog nooit kon verkoop nie..
Hy besit en gebruik dit nog steeds. Op die vooraand van Sy kruisiging sê Jesus vir Sy dissipels in Johannes 16:33:
In die wêreld sal julle verdrukking hê, maar hou goeie moed, Ek het die wêreld klaar oorwin.

Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en ons lyding
dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor.
Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wêreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie
Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons gebeur..
Dan wil ons niks meer met God te doen hê nie..
Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is.
Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer ons sal verval in mismoedigheid,
wanneer ons met die hande in die hare sal sit en uitroep,
Here waarom? Here, waarheen nou? Here, ek kan nie meer nie.

Dit is waarom Hy vir ons vandag sê, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie.
Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie ‘n einde of ‘n uitweg is nie.
Ek is hier en Ek het die wêreld reeds oorwin.

Hy het alreeds die oorwinning vir jou behaal aan die kruis.
Hy het alreeds jou smart, jou lyding, jou swaarkry, jou probleme, jou bekommernisse op Hom geneem en die prys daarvoor betaal.

Daar is hoop vir jou, want Hy lewe!
Roep Hom vandag aan en Hy sal jou laste opneem. Hou net goeie moed!

”Here, help ons om nooit mismoedig te word nie!”

Geniet die res van u dag!!!

GOD LUISTER –

Posted: Maart 31, 2011 in Uncategorized

Ek het al vantevore die stuk geplaas, plaas dit weer so mooi!!

Ons aanbid ‘n wonderlike, lewendige, liefdevolle God.  
GOD LUISTER

Elke oggend voordat ek pad vat bid ek en vra die Here om Engele voor my motor uit te stuur.
Oudergewoonte toe doen ek dit weer verlede Dinsdag oggend
Voordat ek ry. Toe lees ek die artikel van Bertha Cronje (oorlede Hansie Cronje se vrou).

Hoe sy die stukkies van haar lewe moes optel en hoe swaar sy gekry het na sy dood al het sy sterk voorgekom.
Sy vertel toe in die artikel dat sy een aand net nie meer kon aangaan nie. Sy het in die donker voor haarkamervenster, teen die gordyne, vir die hele nag gelê en huil en bid.

Toe sy die volgende oggend haar voordeur oopmaak, lê daar ‘n veer op die stoelkussing op die stoep en ‘n veer op die voordeurmatjie reg voor die deur..
Sy en ‘n vriendin het toe in die engelse vertaling van die Bybel die
Woorde ‘feather’ en ‘bird’ gaan opsoek. Toe kry hul ‘n teks wat daarop neerkom dat die Here haar soos ‘n fyn veertjie sal beskerm. Dit het haar gemoedrus gegee.

Wat gebeur toe met my toe ek by die huis kom…..???:
Daar lê ‘n pragtige veer op my matjie voor die voordeur!!!! Net daar
Het ek besef God hoor elke woord wat ons bid. Dit voel dalk soms of ons teen die dak vasbid.

Die boodskap wat ek gekry het,was dat God my wil sê ek hoor jou gebed, en ek beskerm jou daagliks op die paaie!!! Ek HOOR jou!! Is dit nie wonderlik nie?

Die Here is so getrou. Van die dag van my geboorte kyk Hy na my. Alles wat ek het, het ek van Hom ontvang, en is dit nie ontelbaar nie! Hy is Groot en Magtig – Sy naam is Abba – VADER.
Here, U is my lewe, U sorg Vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ‘n Pragtige deel is vir My afgemeet, ja wat ek ontvang het, is vir my KOSBAAR!

‘Ken die Here In alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat
Wandel – Spr.3:6.

Alle eer aan U ons Hemelse Vader…

Hoe dankbaar is ons net nie… My God dat ons mag lewe

in die land waarin U ons geplaas het.

Om sorgloos te kan uitroep…

O Here hoe wonderbaar is u naam….

en u het ons lewe gegee, en lewe in oorvloed het u aan ons gegee…. verniet

Want daar is andere………

Wat dit nie het nie….

O Here hoeveel male wasons ondankbaar oor die “Bietjie” wat ek het

oor ek nie geld het vir ” Luxuries” nie

oor ek nie eenkeer n week in die Spur kan gaan eet nie…

O Here… Hoe dankbaar is ons werklik…. vir die oorvloed

dat dit wat ons vandag het….

Alleenlik deur Genade….. aan ons geskenk is………

en dit nie omdat ons goed is nie, Nee…..

maar omdat U ons voorwaardelik liefhet……

en seen…………. O Mens……….

Jy wat nou op daardie stoel sit …Dink Hieraan

Het jy vanoggend lekker ge-eet, koffie gedrink en gewas

Ek wil vra wat van hulle?

Dink hieroor……Het ek en jy in ons “Gesofistikeerdheid” en oorvloed nie dalk al vergeet

net om te se Dankie, Dankie my God om te mag lewe in die land waarin u my geplaas het.

Want so maklik kan alles wat ons het in n oogwink weg wees.

Ek en jy kan nie die lewens van hierdie mense verander nie.

Maar ek en jy kan buig voor n Almagtige God wat se

Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, se die Here,

wat is en wat was en wat kom die Almagtige.

Ons kan net dankbaar wees vir alles, want dit is die wil van God

in Christus Jesus oor ons.