Die Dominee se seuntjie:

Posted: Januarie 29, 2009 in Uncategorized

flowers_01

Die Dominee en sy elf jarige seuntjie het die gewoonte gehad om elke sondagmiddag na kerk die dorp in te vaar en traktaatjies uit te deel met evangelieboodskappe op. Een Sondag kom die seun by sy Pa aan, toegewikkel in sy warmste klere. “Ek is reg pa” Die dominee is effens uit die veld geslaan, dit is bitter koud en die reen kom emmervol. Nee, Seun, ons kan nie vandag gaan nie – nie in hierdie eendeweer nie…. Teleurstelling is duidelik op die outjie se gesig te lees. Maar Pa.. gaan mense dan nie hel toe as dit reen nie?

Kyk Seun, ek gaan beslis nie in sulke weer uit nie!

Maar mag ek dan gaan Pa? Asseblief Pappie!!

Nadat die Dominee goed oor die saak gedink het, gee hy vir sy seuntjie n pak traktaatjies om te gaan uitdeel, en opgewonde vaar die outjie alleen die sopnat strate in.

Daar was byna g’n siel te siene op straat nie, dus loop hy van deur tot deur en deel die traktaatjies uit. Na twee ure se werk het hy nog net een traktaatjie oor, Sopnat gereen en bibberend van die snerpende koue stap hy na n huis toe om sy laaste traktaatjie af te gee, Hy lui die klokkie, maar niemand maak oop nie. Hy lui weer n slag, maar binne is dit doodstil. Dan druk hy die knoppie met mening, en lui en lui maar binne gebeur absoluut niks nie. Uiteindelik draai hy om om te loop, maar dit is asof n stemmetjie binne in hom se om terug te gaan. Hy draai weer om en lui weer die klokkie, en begin om aan die deur te klop, en later te hamer met sy vuis. Dit is asof iets hom by daardie deur hou. Net toe hy wil moed opgee gaan die deur stadig oop. n Ou tannie wat duidelik baie beproef is vra vir hom of sy kan help met iets. Met ogies wat glinster en n glimlag van oor tot oor gee hy vir haar sy laaste traktaatjie. Ek is jammer ek het vir Tannie gepla, maar ek wou net vir Tannie kom se dat Jesus vir Tannie lief is. Hierdie is my heellaaste traktaatjie vandag – daarop vertel dit alles van Jesus en Sy groot liefde daarmee gee hy vir haar die traktaatjie draai om en hardloop huistoe.

Die volgende Sondagoggend staan Dominee op die preekstoel. Sy oe gaan oor sy gemeente, en toe vra hy of daar dalk iemand is wat n getuienis het wat hy wil lewer voor die diens begin. Agter in die kerk staan n ouerige dame op, haar gesig stralend.

Niemand ken my in hierdie kerk nie, verlede Sondag was ek nie n Christen nie en ek was nog nooit in hierdie kerk nie. Mense rek eintlik hulle nekke om hierdie vreemdeling te sien. Sy begin haar verhaal vertel:

My man is n paar jaar gelede dood teo los hy my stoksiel alleen op hierdie droewige aarde. Laas Sondag was n besondere koue, nat en mistroostige dag en ek het net gevoel dat daar vir my absoluut niks hier oorbly om voor te lewe nie. Ek het n stuk tou gevat en n stoel en ek is op na die solder toe. Daar het ek op die stoel geklim, die tou om n balk vasgemaak en die ander punt om my nek. En daar staan ek, so bitterlik jammer vir myself. Ek het die einde van my paadjie bereik! Net toe ek wil spring, lui die deurklokkie – ek het my byna dood geskrik. Ek het doodstil gestaan en gedink wie ookal die klokkie lui sou padgee… maar hy het nie! Die gelui het harder en indringender geword, en ek het begin wonder wie my deurklokkie lui, want niemand het ooit vir my kom kuier nie. Naderhand het die gelui n geklop geword en naderhand het die persoon met sy vuiste teen die deur gehamer. Ek kon dit nie meer vat nie, toe maak ek maar die tou los om te gaan kyk wie dit is. Ek kon my oe nie glo toe ek die deur oopmaak nie, want voor my het n seuntjie gestaan – sy gesiggie stralend soos n engel s’n. En daardie glimlag kan dit skaars beskryf! En toe hy praat, is dit soos n engel wat met my praat, “Tannie” het hy gese ek kom net vir Tannie vertel dat Jesus Tannie rerag liefhet! My hart wat so morsdood was het in my keel geklop toe gee hy vir my hierdie traktaatjie wat ek vashou. Toe hy weg is, vat ek die traktaatjie ek lees dit oor en oor – ek het elke woord daarin ingedrink. En toe stap ek op na die solder toe, en ek gaan haal die tou en die stoel, want toe was hulle nie meer nodig nie, want sien ek is nou n Kind van die Koning. Julle kerk se adres was agter op die traktaatjie, en ek het vanoggend gekom om te kom dankie se vir die engeltjie wat my lewe kom red het van die ewige verderf in die hel.

Teen daardie tyd was daar seker nie n enkele persoon in die kerk wat nie hul trane afgevee het nie. Die Dominee het van sie preekstoel afgeklim en sy engeltjie styf teen sy bors vasgedruk terwyl die trane vryelik oor sy wange loop. Daar is seker nie n gemeente wat n groter oomblik van glorie beleef het as hierdie een nie, of n pa wat meer vervul was met die liefde en eerbetoon vir sy seun as hierdie een nie, buiten een: hierdie vader het ook sy Seun in die donker, koue wereld ingestuur om die Boodskap van Redding aan die wereld te bring. Sy seun was verag, verwerp gespot geslaan en aan n kruis vasgespyker. En toe alles verby was het hy Seun terug verwelkom en Hom op die troon laat sit om te regeer oor die heelal. Daardie Seun bring vandag steeds hoop en redding vir die wereld, maar Hy vra vrywilligers soos ek en jy om Sy boodskap met vreugde uit te dra aan mense wat verlore is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s