Die moed … om nie n Supermodel te wees nie

Posted: Februarie 11, 2009 in Uncategorized

supermodel-21

 

 

 

 

 

 

 

 

Plaas julle hele lewe in die hand van God, in totale afhanklikheid van Hom. Wanneer die tyd daar is, sal Hy julle n ereplek by Hom gee,

As ek soms so deur die tydskrifte blaai en die modelle se perfekte lyfies, vleklose velle en aantreklik voorkoms bewonder, dink ek Sjoe! dit moet lekker wees om te weet jy lyk soos n supermodel. En dan … lees ek hoe hierdie “perfekte” mense se lewens heel dikwels uitmekaarval omdat hulle ook maar gewone siele met doodnormale behoeftes is wat, soos ek en jy, met alledaagse lewenseise gekonfronteer word. Dis wanneer ek besef dat dit belangrik is om my liggaam op te pas, maar dat n supermodel-lyfie beslis nie geluk of die ewige lewe koop nie.

Die skepper wil graag sien dat ons ons liggaam en siel met ewe veel toewyding en deernis versorg. Om n balans te vind tussen ons uiterlike voorkoms, aardse behoeftes en ons geestelike lewens is n uitdaging wat ons as tentbewoners altyd sal he.

Bid dat die Gees aan jou die wysheid sal gee om jou hele jy met deernis lief te he.

Dankie, Here, dat ek, sonder om perfek te wees, n superkind van U kan wees.

Kommentaar
  1. meermin sê:

    Ons moet dankbaar wees vir dit wat ons het, ons het twee bene, ons kan loop, (al is ons bene ook hoe dik ons kan dit beweeg), ons het twee arms ons kan vat, ons kan werk ons kan tik, ons het twee oè ons kan met dit sien, ja ek erken ek kla ook oor my lyf en liggaam, maar dit is hoe GOD my geskape het en hy het tevrede na my gekyk soos ek is!!

    Op ‘n ligte noot, van die modelle is als en behalwe beeldskoon hulle word so toegeplak met grimering dat hulle dit met ‘n stoot skraper moet afhaal in die aande!!

    Lekker dag vir jou!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s