Die moed …. om sonder voorbehoud te glo.

Posted: Februarie 25, 2009 in Uncategorized

flowers_heartMense dink dalk dat die kruis en dit wat daar gebeur het nie sin maak nie. Dit is egter die manier waarop God besluit het om mense uit hul sonde na Hom toe terug te bring. Ek praat van mense wat God vertrou ( 1 Korintiers 1:21)

Jy glo dat wanneer jy die kraan oopdraai, daar water sal uitkom, wanneer jy jou motor se petrolpedaal trap, dit sal beweeg, dat daar lig sal wees wanneer jy die skakelaar aansit en dat die mikrogolfoond die melk kan opwarm.

Solly Ozrovech skryf; Ons ry sonder ondersoek oor brue, in ons harte daarvan oortuig dat die brug nie onder ons sal inmekaarsak nie. Maar net sodra dit  by God kom, het ons n probleem met geloof!

Om te kan glo moet jy God met jou hele hart vetrou. Jy moet Hom op sy Woord neem, Hom aanvaar as die Here wat jou kan red en elke dag met die oortuiging leef dat Hy vir alles in jou lewe sal voorsien.

Wanneer jy so glo, gebeur daar iets in jou lewe.Dan leef jy makliker, want dan leef jy met onvoorwaardelike vertroue in die almagtige Here.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s