Haastige Harte

Posted: Maart 12, 2009 in Uncategorized

hartsMense met gejaagde harte kom net nooit tot rus nie. Haastige harte se eienaars jaag een dag na die ander. Nooit is daar tyd vir stilsit en niksdoen nie. Daar’s altyd nog n vergadering om by te woon, of nog n dringende afspraak wat wag. Daar’s nie tyd vir onbenullige dinge nie. En vir God? Ja, miskien wanneer daar n gaping in haastige hart mense se oorvol dagboeke is, sal hulle n vinnige kniebuiging in die rigting van die Here maak. Maar dan ook net wanneer dit iewers inpas! Haastige hart mense reel en reguleer alles in hulle lewens haarfyn volgens hulle dagboek skedules. Hulle frustasies loop omtrent oor as die verkeer onverwags opdam, of as mense ongenooid by hulle opdaag.

As jy haastige hart siekte het, dan moet jy dadelik n hartoorplanting kry. Dan moet jy die Here vra om jou tot stilstand te bring voordat jy jouself doodjaag. Vir wat is jy so haastig? Net sodat mense kan se jy’s toe vinnig dood ook? Die Here vra dat jy Hom vertrou om n Vader vir jou te wees wat voorsien in al jou behoeftes. (Matteus 6:25-33). Glo dit, dan kan jy rustiger slaap en minder leef asof alles van jouself afhang.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s