No 48 in die tou vir motorlisensie renew

Posted: April 7, 2009 in Uncategorized

 

 

48license-renewVanoggend was ek 8 uur by die lisensie afdeling se kantore in Akasia om ons maatskappy se bakkies se lisensies te hernu.

Ons kantore was eers in Edenvale maar ons het mos so einde verlede jaar verhuis na Pretoria.

So nou moet ons adres verandering doen, n nuwe proxy aanstel, want die vorige proxy is afbetaal. Ek was so 2 weke gelede by die Akasia kantore en het al die nodige vorms gaan afhaal wat ons benodig.

Dit is toe voltooi en ook deur die nuwe proxy wat aangestel is, vanoggend is ek toe sommer van die huis af soontoe, daar gekom kry jy mos n nommer en moet dan maar wag. my no is toe 48, toe ek nou uiteindelik by die toonbank kom, word daar vir my vertel, sorry ek het te veel aansoeke (9 voertuie) en ek benodig n brief wat deur die proxy getik word en geteken dat ons verhuis het, en ook ek mag net 2 transaksies doen dan weer in die tou gaan staan n nuwe no kry die volgende 2 doen ,dan weer terug in die ry tot al die transaksies gedoen is, Daar is wel n kantoor vir bulk transaksies maar daar mag jy nie kontant betaal nie. n internet oorplasing of gewaarborgde tjek.

So ek het besluit vanmiddag so 1h30 sal ek weer gaan dan sommer huistoe,  moreoggend weer gou 2 transaksies doen en dan moremiddag weer so vroeg loop en dan die res probeer doen.

Maar ek het gesien die ousie wat no 44 was het n hele pak ingedien en toe geloop, so haar goed word dan gedoen en nou-nou kom sy seker dan terug om dit te kom haal, maar ek sal dit rapporteer vanmiddag.

NUWE SUID-AFRIKA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Kommentaar
  1. meermin sê:

    Ja daar was Maandag ‘n bom dreigement in FNB Wonderpark!

    Sy moes jou gehelp het, die bliksem!!! Nogal net twee since when?

  2. parkes1 sê:

    Nou ja toe gistermiddag is ek toe terug met die brief wat die “dame” gevra het, daar aangekom was daar net n kort tou ek val toe maar agter in, na so ruk vra dieselde “dame” wat die oggend daar was ons moet asb buite wag en nommers kry, ek en die mense voor my verduidelik aan haar daar is niemand buite en geeneen insig om nommers te gee. Na ons die bestuurder roep vra hy toe gaan staan maar buite maar intussen het daar n paar ander bygekom en ons moes toe maar weer agter inval en die “dame” kom gee toe vir ons nommers behalwe vir my, ek staan toe maar en wag, toe ek naderhand voor kom vertel die “—-” sy kort dit, en dit, en dit, en dit en net daar spat die kak. Ek roep weer die bestuurder en verduidelik aan hom sy lieg en ook van die 2 transaksies wat ek op n slag moet doen, hy lig my toe in dis snert sy kan als gelyk doen. Sy ignoreer my toe en help die volgende persone. Die bestuurder roep toe iemand anders en die persoon help my toe en binne 15 minute is ek gehelp en met al 9 lisensie skywe daar uit.
    Ek gaan vandag n brief skryf en fax daarheen, klag teen daai gifappel. En sy was net lelik met die wittes.
    Ek het haar amper gemoer!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s