Hoekom die Bybel lees.

Posted: April 15, 2009 in Uncategorized

bybelHoekom die Bybel lees as ek niks verstaan, nie onthou wat ek gelees het nie?

Storie van n Oupa wat iewers in die berge gebly het met sy kleinseun. Die knaap het n baie hoe agting gehad vir sy Oupa, en soos dit maar gaan, het hy probeer naboots wat Oupa doen.

Oupa se gewoonte was om elke oggend, dou voor dag op te staan, die ou koolstoof aan die brand te kry, en dan vat hy sy ou gehawende Bybel en gaan sit in die lekker warm kombuis by die tafel en lees uit die Bybel.

Die kleinseun het Oupa dop gehou, en ook sy Bybel gaan haal, en net soos Oupa soggens by die kombuistafel gaan sit en lees daaruit.

Maar iets het die knapie gepla: Oupa, ek weet nou nie so mooi nie, se hy een oggend, ek probeer ook die Bybel lees soos Oupa, maar ek verstaan nie wat ek lees nie. En as ek die slag verstaan, dan waai dit by my ore uit, en netnou het ek alweer alles vergeet wat ek gelees het.

Oupa, is dit ooit die moeite werd om nog uit die Bybel te lees? Ek meen wat is nou die nut daarvan as ek tog alles vergeet?

Oupa het gedink, en toe sien hy n lee steenkoolsak, al pikswart gevlek van die roet le langs die stoof. Boetie, gaan haal vir Oupa n sak vol water in die stroompie hier onder, vra hy die seun.

Gretig om Oupa te plesier, spring die knaap daar weg met sy goiing sak, en laat vat hy af stroompie toe.

Dis harde werk om die sak vol te kry, maar hy byt vas, en met die sak oor sy skouer hardloop hy terug huistoe na Oupa wat sukkel om nie uit te bars van die lag nie. Natuurlik was die sak dolleeg teen die tyd dat hy by Oupa aankom.

Ai Man, sug Oupa, jy sal maar weer moet gaan probeer jong, en daarmee suiker die knaap weer af riviertjie toe met die sak.

Hierdie slag hardloop die outjie terug met sy sak water so vinnig as wat sy beentjies hom kan dra, maar steeds is dit verniet, want natuurlik is die sak weer leeg by sy aankoms.

Nee Oupa blaas hy uitasem, dis onmoontlik, hierdie sak lek!, en daarmee gooi hy die sak eenkant en gaan gryp n emmer.

Nee, Boetie, keer Oupa hom, ek wil nie n emmer water he nie, ek wil n sak water he. Toe jong, jy kan dit mos doen, Jy probeer nie hard genoeg nie.

En daarmee gaan staan hy weer in die kombuisdeur en hou die seuntjie dop waar hy sy onmoontlike taak probeer uitvoer. Die seun het lankal besef dat hy besig is met n gejaag na wind, maar hy wou so hard vir Oupa plesier, dat hy maar gedwee weereens die sak in die stroompie volmaak en met sy lekkende vrag so vinnig as wat hy maar kan die bultjie ophardloop na Oupa toe.

Nee Oupa, dit werk nie!, huil se die outjie moedeloos. Kyk hoe hard probeer ek, maar niks gebeur tog nie!

Dink jy rerig dat daar niks gebeur het nie? vra Oupa, kyk dan n slaggie na die sak. Wat sien jy anders aan die sak as toe jy begin het.

Met n vraag in sy oe bekyk hy die sak, wat kan Oupa tog bedoel? Die steenkoolsak is natuurlik sopnat van al die gewater draery, maar skielik besef hy dat die sak ook skoon is, al die steenkool is uitgewas!

Oupa, die sak is skoon gewas, maar ek verstaan nog nie Oupa?

Boetie, se Oupa dis wat gebeur wanneer jy die Bybel lees. Miskien verstaan jy nie alles wat jy lees nie en dalk vergeet jy amper alles wat jy so hard probeer onthou. Maar terwyl jy lees gebeur iets met jou, jou binnekant word verander, jy word as’t ware skoongewas van binne af terwyl jy die Bybel lees.

Kommentaar
  1. Hi, interesting post. I have been thinking about this topic,so thanks for posting. I’ll likely be subscribing to your posts. Keep up great writing

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s