Nog n artikel oor “VERE” ( Die artikel het in soveel mense se siening oor vere verander) Lees ook die artikel hieronder.

Posted: April 17, 2009 in Uncategorized

vere-11God Luister

Elke oggend voordat ek pad vat bid ek en vra die Here om Engele voor my motor uit te stuur.

Oudergewoonte toe doen ek dit weer verlede Dinsdagoggend voordat ek ry. So teen 16h30 wag ek vir my dogter by die skool en sit toe die nuwe Huisgenoot en lees want ek hou nie daarvan om te sit en wag nie. Toe lees ek die artikel van Berta Cronje (oorlede Hansie Cronje se vrou)

Hoe sy die stukkies van haar lewe moes optel en hoe swaar sy gekry het na sy dood al het sy sterk voorgekom.

Sy vertel toe in die artikel dat sy een aand net nie meer kon aangaan nie.

Sy het in die donker voor haar kamervenster, teen die gordyne vir die hele nag gehuil en bid.

Toe sy die volgende oggend haar voordeur oopmaak le daar n veer op die stoelkussing op die stoep en n veer op die voordeurmatjie reg voor die deur.

Sy en n vriendin het toe in die engelse vertaling van die Bybel die woorde “feather” en “bird” gaan opsoek.

Toe kry hul n teks wat daarop neerkom dat die Here haar soos n fyn veertjie sal beskerm. Dit het haar gemoedsrus gegee.

Wat gebeur toe met my toe ek en my dogter by die huis kom…???:

Daar le n pragtige veer op my matjie voor die voordeur!!!

Net daar het ek besef God hoor elke woord wat ons bid. Dit voel dalk soms of ons teen die dak vasbid.

Die boodskap wat ek gekry het was dat God my wil se ek hoor jou gebed, en ek beskerm jou daagliks op die paaie!!! Ek HOOR jou!!!!

Is dit nie wonderlik nie?

Die Here is so getrou. Van die dag van my geboorte kyk Hy na my. Alles wat ek het, het ek van Hom ontvang, en is dit nie ontelbaar nie! Hy is Groot en Almagtig – Sy naam is Abbsa – VADER.

Here U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.

n Pragtige deel is vir My afgemeet, ja wat ek ontvang het is, vir my mooi!

Ken die Here in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat wandel – Spreke 3:6

Kommentaar
  1. koeksister sê:

    Sjoe, ek sal definitief anders kyk na vere, en hulle selfs optel ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s