Die Engel (PRAGTIG!!!!!!!)

Posted: April 28, 2009 in Uncategorized

newborn-1In die hemel was n kind gereed om gebore te word.

Die kind vra vir God:

Ek weet dat U my more aarde toe gaan stuur, maar hoe sal ek daar oorlewe. Ek is maar klein en hulpeloos.

God antwoord: Ek het daar vir jou n spesiale engel uitgesoek.

Sy sal vir jou lief wees en jou versorg.

Al wat ek hier in die hemel gedoen het, Here, was om te sing en te glimlag. Wat gaan ek op die aarde doen. Ek ken nie die liedjies daar onder nie.

Jou engel sal vir jou sing, antwoord God, en sy sal vir jou ook leer hoe om te sing. En jy sal boonop leer om te lag en te glimlag. Ek en jou engel sal daarvoor sorg.

Maar hoe sal ek verstaan wat die mense se. Ek ken geen enkele woord van die taal wat hulle praat nie.

Jou engel sal die mooiste dinge se wat jy ooit sal hoor en sy sal jou woord vir woord leer hoe om die taal te praat.

En wanneer ek met U wil praat….wat dan.

Jou engel sal jou handjies tesame vou en jou leer.

Daardie taal is die heel maklikste, dit word gebed genoem.

Here, wie sal my daar beskerm.

Jou engel is saggeaard en liefdevol, maar as iets jou bedreig is daar geen sterker mag op aarde as die krag waarmee sy jou sal verdedig nie. Jy sal my nie sien nie, Ek sal altyd by jou wees. En jou engel sal jou weer die pad na My wys as jy afdwaal.

En toe was dit tyd om te groet. Opgewonde stemme het van die aarde af opgeklink. Die mense kon nie meer wag dat die kind moet kom nie.

Vir oulaas vra die baba saggies “Here, se tog voordat ek gaan wat die naam van die engel is”

En hy antwoord: “Die naam van jou engel is ……”MAMMA”

Kommentaar
  1. Wipneus! sê:

    Ai Parkie maar dis mooi!!! Ek sit sommer met trane hier!!!
    Op die oomblik gaan dit juis nie baie goed met my Mamma nie!!
    Dankie!

  2. 007meisie sê:

    Hey patat!
    When gaan jy jou koffie kom haal?😉
    Jy was dan die enigste om reg te raai waar ek die kiekies geneem het!

    Bravo 2 oor en uit!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s