Toe God Moeders gemaak het.

Posted: Mei 8, 2009 in Uncategorized

mothers-2Toe God Moeders gemaak het, was dit sy sesde dag van oortyd.

n Engel het verskyn en gese: Besig om so n bietjie te sukkel met die een ne, En die Goeie Vader het gese, Het jy die spesifikasies vir die bestelling gelees. Sy moet volkome wasbaar wees, maar nie van plastiek nie. Sy moet 180 beweegbare onderdele he – almal vervangbaar, haar brandstof is koue koffie en oorskiet worsies, sy moet n skoot he wat verdwyn as sy opstaan, n soentjie wat alles gesond maak, van n gebreekte been tot n liefdesteleurstelling en ses pare hande.

Die Engel het haar kop stadig geskud, ses pare hande- onmoontlik!

Dis nie die hande wat die probleem veroorsaak nie het God gese: Dis eintlik die drie pare oe – op die standaard model – het die Engel gevra, God het geknik, een paar wat deur toe deure kan sien wanneer sy vra “wat lawaai julle so daar binne, terwyl sy reeds weet nog n paar agter haar kop sien, wat sy nie veronderstel is om te sien nie, maar waarvan sy moet weet, en natuurlik die paar hier voor wat n kind in die oe kan kyk wanneer hy berou het, en wat kan se “Ek verstaan en ek is lief vir jou”, liefde

Sonder om n woord te spreek, Heer, het die Engel gese en saggies aan sy mou geraak. Kom rus nou eers more…Ek kan nie, het God gese, ek is so na daaraan om iets so na aan myself te skep.. Sy kan reeds haarself genees wanneer sy siek is, sy kan n gesin van ses op een pakkie maalvleis voed, en n nege-jarige sover kry om hom te bad.

Die Engel het stadig om die model van die Ma gestap “Dis te sag” het sy gesug, “Maar sterk”, het God opgewonde gese. Jy sal nie glo wat hierdie Ma kan doen en verduur nie.

‘Kan dit dink?”, Nie alleen dink nie, maar redeneer en tegemoetkomings maak, het God geantwoord.

Ten slotte het die Engel vorentoe gebuk en n vinger oor haar wang getrek, “Daar is n lek”, het sy verklaar. Ek het U gese U probeer te veel in die model druk.

Dis nie n lek nie, het God geantwoord, Dis n traan,traan

Waarvoor….

Vir Geluk, Hartseer, Teleurstelling en Trots

U is geniaal, het die Engel gese, God het somber gelyk.

DANKIE VADER VIR ONS MOEDERS!!

happy-mothersday-1

Kommentaar
  1. Zee sê:

    Hoop jy het ‘n wonderlike Moedersdag!

  2. parkes1 sê:

    Zee baie dankie!! Mag jou moedersdag ook spesiaal wees.

  3. Wipneus! sê:

    Mag jy ‘n baie spesiale Moedersdag hê Parkie!!😉

  4. parkes1 sê:

    Dankie Wipneus, ek hoop jou moedersdag was ook heerlik!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s