Die mooiste stukkie ooit!!

Posted: Junie 24, 2009 in Uncategorized

blue flowers 5Die Here weet…….

Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens

Verpletterende omstandighede en situasies.

Weet die Here hoe hard jy probeer het.

Wanneer jy so lank trane gestort het

En jou hart is beklemd…..

Het die Here jou trane getel.

As jy voel jou lewe is doelloos

En die tyd het jou agtergelaat

Was die Here saam met jou.

blue flowers 1Wanneer jy eensaam voel en jou vriende

te besig is om te bel of nie verstaan nie…

Wag die Here saam met jou.

Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles

probeer het en nie meer raad weet nie…

Hy het die oplossing.

Wanneer niks sin maak nie en jy seer,

verward of gefrustreerd voel….

Het die Here die antwoord.

As jou blik op die lewe verhelder

En jy tekens van hoop in die lewe vind

Het die Here vir jou gefluister.

blue flowers 3Wanneer alles klopdisselboom gaan

en jy volop stof tot dank het….

het die Here jou geseen.

Wanneer iets verstommends gebeur

en jy daardie spesiale iemand vind…

het die Here se glimlag op jou gerus.

As jy n droom het om te volg

en ook n werklikheid het om te volg

En ook n werklikheid om uit te lewe.

Het die Here jou oe geopen en jou naam genoem

Onthou net, waar jy ookal is,

en wat jy ook al in die gesig staar

Die Here Weet!

blue flowers 2

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s