Die Here weet….

Posted: Julie 16, 2009 in Uncategorized

Ek het hierdie e-pos ontvang van n vriendin, Miskien lees iemand dit wat moed opgegee het….

 

here weet 2Liewe Vader

Ek het vandag met die sinkende gevoel dat dit nog n dag is … hoe gaan ek vandag deur hierdie dag kom?

Hoe gaan ek el my paaiemente betaal?

Hoe gaan ek my familie kos gee?

Gaan ons veilig wees vandag?

Gaan ek my werk kan behou?

Gaan my familie gesond wees?

Gaan ek my kind in die skool kan hou?

here weet 1Liewe Vader … ek het opgestaan met soveel moeite. Ek wou nie met die dag begin nie, maar ek moes.

Liewe Vader … vandag was moeilik, maar toe ek vandag by die huis kom het ek in trane uitgebars, want:

Ek het n paar randjies gewen in n kompetisie …

Ek het n sak aartappels by n barmhartige samaritaan gekry …

Langs ons het daar n polisieman en sy familie ingetrek …

My baas het my ingeroep vandag met bevordering …

Die dokter het gebel en laat weet dat die toetse skoon terug gekom het …

My kind het n beurs gekry …

highway109_picLiewe Vader … ek het in trane uitgebars, want ek vergeet soms dat maak nie saak hoe klein en nietig ek is nie … U is altyd daar om aandag te gee aan MY probleme … MY te help met bekommernisse en MY te lei.

Liewe Vader … dankie dat U altyd tyd het vir MY …

Amen

Kommentaar
  1. meermin sê:

    Dit is pragtig!!

  2. tweelingkind sê:

    Jy’t huiswerk! 😉

    n Baie mooi gebed, hoor, ons vergeet soms dat Hy altyd sal sorg, Hy ken ons nood!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s