Oppie-grond Boere-Saaikology…

Posted: Augustus 3, 2009 in Uncategorized

Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder wharries het jy…en hoe lekkerder slaap jy!

Wees onvoorwaardelik lief vir jou familie en maters en aanvaar elkeen presies net soos hy/sy daar is.

oppie-grond 9Moenie toelaat dat jou brein muf met ‘issues’ soos skuldgevoelens of grudges nie … sorteer allie stront uit nog voor die son sak!

Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi… help waar jy kan en lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het …’use it – or lose it’!

Geniet die eenvoudige dinge. Die ‘image’ -goed en ‘keeping up with the Jones’ is sommer n pot bol… hulle (die Jones) sit in elk geval nou in Ozzie.

Al wys die ‘replay’ duidelik dat hy verkeerd is…maak tog net vrede met die ref se beslissing!!!

oppie-grond 2Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray waar hooter-neuse in snaakse Star Wars klere soos hamsters op fietse sit en trap…kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld…of om n ReRIGE fiets te ry…doen iets in die buitelig, maar moenie in die strate op en af draf nie, dis ‘common’ en maak ander mense skuldig voel.

As jy n ‘no-name brand’ T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit…te dinges met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie – solank dit net gemaklik pas. Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle vals selfvertroue in hul eie plestiek-wereld gee!

Lag dikwels…lank en lekker, dit hou jou gesond!

oppie-grond 5Haal diep asem, drink meer water as wat jy moet en kou jou kos fyn.

Eet meer van die goed wat mens pluk of uit die grond grawe.

Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en wanneer jy ietsie vat…hou matigheid voor oe…ALTYD!

Behou jou grapgat vrinne en vermy die suurgatte…hulle is ‘demoralising’ en trek jou af na hulle vlak.

Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, too hell met die snobs..en die beste kar is een wat klaar betaal is!

Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek val…

oppie-grond 8Vertel jou mense dat jy lief is vir hulle, dat jy vir hulle omgee more trek jy dalk jou hout-jas aan, dan’s dit te laat!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s