Truth of Dare!!!

Posted: September 14, 2009 in Uncategorized

Tweelingkind het my getag:

Vra n paar vragies en ek sal dit beantwoord of probeer beantwoord.

En gedra julle hoor!!!!

kanniehori

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek Tag vir Meermin, Wipneus en Ingrid.

Kommentaar
  1. BeanLaden sê:

    Hoeveel lovers het jy al gehad?

  2. Phibbie sê:

    Ek wil weet hoe het jy dinge vir jouself verwerk na jou man se ongeluk en hoe het julle dit saam vewerk

  3. Sharpshoot sê:

    Wat maak jou skaam? Wat laat jou bloos? Wat maak jou happy? Wat maak jou sad? Wat maak jou kwaad?

  4. Plein sê:

    Wat is die vraag waarvoor jy die bangste is gevra word??? Wat is die antwoord van daai vraag???

  5. Dellie sê:

    1. As daar een ding in jou lewe is wat jy kan verander, wat sal dit wees?

    2. Gaskoeldrank of vrugtesap?

    3. Is daar iets in jou yskas wat muf?

    4. Hou jy van theme parties?

  6. Die Brein sê:

    Wat dink jy van die feit dat `n getroude man n threesum wil he?

  7. parkes1 sê:

    BeanLaden ja ek het op skool so 6 lovers gehad nie gelyktydig nie.
    Mooi lovertjies
    Toe ek begin werk het het ek net ogies vir my man gehad, ek is jonk getroud.

  8. ingrid sê:

    Nee heng, dis moeilik om aan vrae vir jou te dink, jy’s so oop en eerlik.
    Wat is jou grootste droom, as jy enige iets kan kies om te kry wat sal dit wees?

  9. parkes1 sê:

    Phibbie ja na die ongeluk het ek baie moed gehad, en ook n ruk na hy ontslaan is uit die hospitaal, maar nou vang dit my, ek huil baie maar in die stilte.
    Ek het net besluit ek moet dit aanvaar en aangaan met die lewe. Hy is gelukkig baie positief. En alhoewel mens dink hy sou verander is my maar nogsteeds homself.
    Wat so hartseer is ek het n man gehad wat als vir my gedoen het.
    Ek dink hy dra my meer as wat ek hom moet dra.

  10. parkes1 sê:

    Sharpie ek gaan netnou joune antwoord, moet net eers bietjie kop bymekaar kry

  11. parkes1 sê:

    Brein – threesum vir getroude man NEE, ek deel nie my man met iemand nie

  12. parkes1 sê:

    Dellie – ek sou niks wou verander nie, is baie gelukkig wat ek is en wat ek het.
    Vrugtesap
    Nee ek sorg dat als nog reg is in yskas gooi maklik weg
    Hou nie van theme parties nie, was al op een ons het soos arabiere aangetrek en was die mooiste paartjie

  13. parkes1 sê:

    Plein ja ek het gedink iemand sou vra is ek n KLOOSTERKOEK, maar nee ek is nie baie modern en normaal
    hie hie hie

  14. parkes1 sê:

    Phibbie nog so iets omtrent jou vraag, My man is sooo bang ek los hom, in die begin was hy baie erg, het tot gedroom ek het iemand anders.

  15. parkes1 sê:

    Ingrid ja my grootste droom is ek hoop my man sal weer kan sien eendag.

  16. parkes1 sê:

    Sharpie – skaam ek glo nie ek kry skaam nie dit moet iets erg wees wat my skaam maak.
    bloos – Is ook n moeilike een, As iemand my n kompliment gee. dink ek
    happy – Ek is happy as ek met julle kan chat
    sad – As iemand stront van my praat en dis nie waar nie
    kwaad – Die ou hier oorkant my maak my kwaad as hy so kinderlik optree, maar na ek jule my verhaal vertel het vandag het ek besluit hy is ook maar net mens en was baie beskaafd met hom vandag.
    Ek raak nogal gou kwaad as mense nie kan bestuur nie ek skel vreeslik dis die enigste tyd wat ek kwaad word

  17. meermin sê:

    Wat maak jou kwaad?
    😳 ek het huiswerk sal dit bietjie later gaan doen, belowe!!

    Gaan loer gerus daar by my in!! Dit maak my demoerin!!

  18. meermin sê:

    Parkes ek het al die vrae wat jy my gevra het beantwoord.

    Ja daardie katte was pragtig!!

  19. Savanha sê:

    1. Sal jy met ‘n sweetpak winkel toe gaan?
    2. Wat is altyd in jou handsak?
    3. Wat is jou favourite Movie?
    4. Watse droom in jou lewe wil jy nog vervul?
    5. Jou favourite song?😆

  20. parkes1 sê:

    Meermin al wanneer ek kwaad raak:
    Hier is n ou wat saam my werk wat soms so kinderagtig optree dan kan ek stuipe vang.
    En mense wat nie kan bestuur nie, jy weet jy ry ook die selle pad as ek en daar ry klomp bobbejane.
    Verder is ek baie rustig.

  21. parkes1 sê:

    Savanha – In die winter dra ek sweetpakke en gaan winkel toe daarmee, maar ek dra dit so dat dit heel modern lyk.
    In my handsak is my beursie, haarborsel, lipstiffie,parfuum, karsleutel,suig lekkers, ID Boek.
    Ek nie mal oor movies nie. n Movie moet mooi begin anders stel ek nie belang.
    Droom ek wens net ons kan ons huis verkoop en by die see gaan bly permanent.
    My favourite song is Daniel van Elton John, Like sy musiek en ook Solitary Man van Neil Diamond.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s