Sit dit neer

Posted: Oktober 28, 2009 in Uncategorized

Sit dit neer

 

river 1Ek het eenmaal die verhaaltjie gelees van twee monnikke wat iewers heen op reis was. By ‘n rivier het hulle ‘n vrou raakgeloop wat nie self deur die vinnig vloeiende rivier kon kom nie. Die eerste monnik het geweier om haar te help omdat dit teen hulle priesterorde se reëls was om aan ‘n vrou te raak. Die ander monnik het dadelik aangebied om die vrou op sy skouers deur die gevaarlike rivier te dra. Na die tyd het die tweede monnik ure lank met hom geraas oor sy “skokkende” oortreding van hulle streng reëls. “Ek verstaan nie jou ongelukkigheid nie,” het die hulpvaardige monnik uiteindelik geantwoord. “Ek het die vrou reeds ure gelede neergesit, maar jy dra haar nogsteeds.” Hoe waar! Ons kry ander mense nie so maklik van ons eie skouers af nie, veral nie daardie mense wat ons eie godsdienstige reëls oortree nie.

 

river 2Laat staan ‘n slag jou vooropgestelde opinies oor ander se doen en late. Jy kan nie hulle lewens namens hulle leef nie. Nog minder kan jy jou godsdienstige sienings ongevraagd op hulle van toepassing maak. Eers wanneer jy die moed het om egte verhoudings met hulle te bou verdien jy die reg om met hulle te praat oor die Here.

 

river 3Dalk is vandag presies die regte tyd om al jou opinies oor ander mense, en jou stil woede oor alles wat verkeerd is in die lewe, iewers neer te sit… nee, om dit af te laai op die skouers van Een wat sterker is. Vir ingeval jy dalk gewonder het wie dit is: Christus is sy Naam! Dan gaan jy ander se laste veel makliker namens hulle dra, selfs al bots dit met jou godsdienstige reëls!

 

Gebed

 

river 5Heer, daar’s so baie mense rondom my wat anders dink, leef en doen as ek
Help my om hulle deur U oë te bekyk
En om op nuwe maniere lief te raak vir hulle…
So lief dat hulle seer en swaar ook sal plek kry op my skouers
Maak my skouers breër en sterker ter wille van hulle
In Jesus se Naam

Amen

Kommentaar
  1. ingrid sê:

    Baie dankie, ja ons dra soms onnodig swaar. Mooi dag vir jou.

  2. snymana sê:

    Ai, kan ek asb hierdie stuk per e-mail sirkuleer. Dit is so mooi en daar is so baie mense wat ek wens dit kan lees?

  3. parkes1 sê:

    Snymana met graagte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s