God is nie haastig nie

Posted: Oktober 29, 2009 in Uncategorized

god 1Haastigheid is ‘n menslike eienskap, nie ‘n Goddelike een nie. Ek verwys na gejaagdheid of “hurriedness”. God het altyd tyd. Hy is nooit haastig onderweg na ‘n volgende afspraak toe nie. Hy is rustig. Kyk maar na Jesus se aardse lewe. Hy het altyd tyd gehad, selfs in die aangesig van die dood. Toe Jesus se vriend Lasarus daar in Johannes 11 gesterf het, was Hy steeds betyds! Hy vra dat ons ook ons haastige, hoë-oktaan harte sal inruil vir rustiger harte.

 

god 2Ons moet die waagmoed hê om elke dag ‘n wyle saam met God in sy tuin te kom wandel. Ons moet sy tuin laat herleef hier buite die hekke van die paradys. God het nog soveel geheime wat Hy hier met ons wil deel; soveel nuwe vreugdes. Maar dan moet ons ingryp op ons gejaagde lewe. Hoe? Wel, ons moet by die Here medisyne kom haal vir daardie gejaagdheid-siekte waaraan ons ly. Dis ‘n siekte wat ons ganse bestaan vergiftig. Gejaagdheid steel al ons vreugde. Dit beroof ons van ons geliefdes en van almal wat saakmaak in ons lewe. Vir wat? Net sodat ons kan sê ons is die jongste wenners van die rotteresies-wisseltrofee hier in 2009?

Kommentaar
  1. stuur vir my al die boodskape asb

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s