Elke Vrou

Posted: Februarie 3, 2010 in Uncategorized

ELKE VROU

 Elke vrou behoort ‘n ou geliefde te hê na wie sy glo sy terug sal kan gaan en een wat haar herinner aan hoe ver sy gekom het…

Elke vrou behoort iets perfeks te hê om aan te trek as die baas of ridder van haar drome haar oor ‘n uur wou sien…

Elke vrou behoort ‘n sappig genoeg verlede te hê sodat sy kan uitsien daarna om dit oor te vertel op haar oudag…

Elke vrou behoort in besit te wees van ‘n stel skroewedraaiers, ‘n koordlose boor, ‘n buis no-more-nails en ‘n swart kantbra….

Elke vrou behoort een vriend te hê wat haar altyd laat lag… en een wat haar laat huil…

Elke vrou behoort een goeie meubelstuk te hê wat niemand anders in haar familie voorheen besit het nie….

Elke vrou behoort agt bypassende borde en wynglase met stele en ‘n resep vir ‘n maaltyd te hê wat haar gaste bederf sal laat voel

 Elke vrou behoort te voel sy is in beheer van haar eie lot …hoe om verlief te raak sonder om haarself in die proses te verloor…

Elke vrou behoort te weet hoe om uit haar werk te bedank hoe om uit te maak en hoe om ‘n vriend te konfronteer sonder om die vriendskap te ruineer…

Elke vrou behoort te weet wanneer om harder te probeer en wanneer om die handoek in te gooi

 Elke vrou behoort te besef sy kan nie veel verander aan die lengte van haar bene …. die wydte van haar heupe of die geaardheid van haar ouers nie…

Elke vrou behoort te besef haar kinderjare mag dalk nie perfek gewees het nie… maar dis verby….

Elke vrou moet vir haarself uitklaar presies wat sy sal doen of nie sal doen nie ter wille van die liefde……hoe om alleen te bly, selfs al hou sy nie daarvan nie …wie sy kan vertrou en wie nie en hoekom sy dit nie persoonlik moet opneem nie…

Elke vrou behoort te weet waar om te gaan as haar siel lafenis nodig het, of dit nou haar beste vriendin se kombuis of ‘n luukse gesondheidspa in die berge is

Elke vrou behoort te weet wat sy sal kan regkry binne een dag… een maand en een jaar… en wat sy nie sal kan regkry nie

Elke vrou behoort ‘n vriendin of twee te hê vir wie sy hierdie boodskap kan stuur sodat hulle kan onthou om te lag en dans en sing sonder rede, sommernet as vrou….

“‘n goeie vriendin is ‘n engel wat jou ophelp sodat jy op jou voete kan staan as jou vlerke vergeet het hoe om te vlieg”

Kommentaar
  1. Ingrid Marais sê:

    Ek gaan dit print en een vir een afmerk en die wat nie merkies het nie, gaan ek sorg dat hulle baie vinnig ‘n merkie by kry. Dankie vir die vriendin wat jy is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s