Archive for Maart, 2010

Swem in God se genade

Posted: Maart 16, 2010 in Uncategorized

Die klein vissie swem, duidelik gestres, op en af in die middel van die oseaan.
Hy swem by die groot vis verby, en die ou kan sommer dadelik sien daar’s fout.  
 Hy roep die klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstig opsoek is.
Die vissie sê toe dat hy dringend opsoek is na water, want hy’t iemand hoor sê dat ‘n vis doodgaan sonder water.  
Die groot vis, duidelik al ‘n “old campaigner”, antwoord: “Maar Vissie, jy Swem nog jou hele lewe lank in die water…..!”  
Wat ‘n openbaring vir die klein vissie!
Hy kon nie gou genoeg terugswem na sy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie!  

As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God,  
 swem in voorspoed,  
 swem in geluk en blydskap en  
 swem in die liefde van ons almagtige Vader!  
Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien!
Somtyds is dit selfs nodig dat ons so ‘n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor.  
Wees jy nou die klein vissie en gaan vertel jou e-pos vriende waarmee God jou VANDAG geseën het!  
Ek het vandag ‘n werk, kos, klere, gesondheid, ‘n huis, ‘n motor, familie, vriende en ervaar liefde.
Ja ek LEWE in GENADE.
Ek DANK U, My Vader Heer vir alles waarmee U my so ryklik geseën het.

Think before Judging

Posted: Maart 9, 2010 in Uncategorized

THINK  

There was
A blind girl who hated herself because she was blind. She
Hated everyone, except her loving boyfriend. He was always
There for her. She told her boyfriend, ‘ If I could only see
The world, I will marry you. ‘

One day,
Someone donated a pair of eyes to her. When the bandages
Came off, she was able to see everything, including her
Boyfriend.

He asked
Her,’ Now that you can see the world, will you marry me? ‘ The
Girl looked at her boyfriend and saw that he was blind. The
Sight of his closed eyelids shocked her. She hadn ‘ t expected
That. The thought of looking at them the rest of her life
Led her to refuse to marry him.

Her
Boyfriend left in tears and days later wrote a note to her
Saying: ‘ Take good care of your eyes, my dear, for before
They were yours, they were mine. ‘

This is
How the human brain often works when our status changes.
Only a very few remember what life was like before, and who
Was always by their side in the most painful situations.

Life Is a
Gift

Today
Before you say an unkind word – Think of someone who can ‘ t
Speak.

Before
You complain about the taste of your food – Think of someone
Who has nothing to eat..

Before
You complain about your husband or wife – Think of someone
who ‘ s crying out to GOD for a companion.

Today
Before you complain about life – Think of someone who went
Too early to heaven..

Before
Whining about the distance you drive Think of someone who
Walks the same distance with their feet.

And when
You are tired and complain about your job – Think of the
Unemployed, the disabled, and those who wish they had your
Job.

And when
Depressing thoughts seem to get you down – Put a smile on
Your face and think: you ‘ re alive and still
Around..

==========================

I PRAY
THIS MOVES AROUND

THE ENTIRE UNIVERSE

Kampvuur in jou Hart

Posted: Maart 8, 2010 in Uncategorized
’n Kampvuur in die bos

Ek het vanoggend so ’n mooi beeld in ’n boek raakgelees:Die outeur skryf dat wanneer ’n mens in die bosveld langs ’n groot knetterende kampvuur sit, hoor ’n mens feitlik geen dieregeluide in die bos nie. Jy is regtig nie eens bewus van enige gevaar van leeus of olifante of wat ook al nie.

Maar as daardie vuurtjie begin doodgaan, begin die gevaar al hoe groter raak, en raak ’n mens ook al hoe meer bewus van die dieregeluide. Net iemand wat regtig al gesit het langs ’n kampvuur in die bos wanneer dit besig is om dood te gaan, sal hierdie beeld presies verstaan. Die vuurtjie word al hoe kleiner, en dit word al hoe kouer, en die nag word al hoe swarter, en jy wonder al hoe meer oor die gevare wat in die bos skuil.

Toe skryf die persoon dat dit presies ook so gaan met ons geestelike lewe: Hoe sterker die vuur van die Heilige Gees in ons brand, hoe minder vrees ons gevare van buite. Maar hoe flouer God se Gees in ons lewe brand, hoe groter word die gevaar van buite.  
Dit is so ’n mooi beeld..

Ek wou dit sommer met jou deel vandag.

 

 

Die Potlood Gelykenis

Posted: Maart 5, 2010 in Uncategorized

  In die begin het die Potloodmaker vir die Potlood gese:

Daar is 5 dinge wat jy moet weet voordat Ek jou uitstuur in die wereld.

Jy moet dit altyd onthou en jy sal die beste potlood word wat jy kan wees.

EERSTENS: Jy is in staat om groot dinge te doen, maar slegs as jy toelaat dat jy in Iemand se hand vasgehou word.

TWEEDENS: Van tyd tot tyd sal jy deur pynlike skerpmaak ondervind, maar dit is nodig sodat jy n beter potlood kan word.

DERDENS: Jy beskik oor die vermoe om foute wat jy maak reg te maak.

VIERDENS: Jou belangrikste deel is wat binne-in jou is!

VYFDENS: Ongeag die omstandighede, jy moet aanhou skryf. Jy moet altyd n duidelike wettige merk maak, ongeag hoe moeilik die situasie is.

Die potlood het verstaan en belowe om dit altyd te onthou.

En so het hy tussen die ander potlode in die pakkie beland, ten volle bewus van die doel waarvoor die Maker hom gemaak het.

Neem jy nou die plek in van die potlood; onthou hierdie 5 beginsels en moet dit nooit vergeet nie, en jy sal die beste word wat jy kan wees.

EEN: Dit sal moontlik wees om groot dinge te doen, maar slegs as jy toelaat dat God jou in hand hou.

En laat ander mense voordeel trek uit die gawes waaroor jy beskik.

TWEE: Jy sal van tyd tot tyd pyn ondervind soos jy geslyp word wanneer jy verskillende probleme ondervind.

Maar dit is nodig sodat jy n sterker persoon kan word.

DRIE: Jy sal instaat wees om foute reg te maak en moontlik ook deur dit groei.

VIER: Die belangrikste is dat jy moet onthou wat jy binne jou hart is.

VYF: Op elke oppervlakte wat jy loop, moet jy jou merk laat. Maak nie saak wat jou omstandighede is nie: Jy moet God dien in alles wat jy doen.

Elkeen is soos n potlood….

Gemaak deur die Skepper vir u unieke en spesiale doel.

Deur dit te verstaan en onthou, kan ons voortgaan met ons lewe op aarde sodat ons n doelgerigte lewe kan lei en in n daaglikse verhouding met God kan lewe.

Jy is betsem vir groot dinge in die hand van God!

Dis skreeusnaaks!! My maagspiere is eintlik seer vandag van die lag vir HIERDIE mail! Hoop julle geniet hom! Lekker werk.

 Hulle sê ‘n mens praat nie oor jou huweliks probleme met vreemdelinge nie. So ek het besluit ek skryf maar liewers daaroor, en as hierdie storie , “soos Joost se boek” net een man kan help het ek my doel bereik.

Elkgeval om ‘n kort storie lank te maak gaan ek by die begin, begin. Ek het ‘n sout van die aarde, kerk mens getrou die tipe mens met wie jy ‘n langpad kan loop, ‘n graad R onderwyseres, ‘n sagge aarde Namakwa bloeiseltjie. Min het ek geweet daai bloeisel kan verander in ‘n kaktus na 2 jaar van huwelik.

Elkgeval soos met meeste struwelinge in ‘n huwelik begin dit gewoonlik met jou vriende en my vriende. Ek kry toe mos nou gister ‘n oproep van my vetplantjie wat sê ons gaan vanaand baba kyk, nou kyk baba kyk is nie hoog op my lys van lekker dinge nie, veral nie as dit volksvreemde mense is nie. Elkgeval ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en die volgende oomblik word daar ‘n selfoon in my oor neer gebliksem. Nou ek het nie gedink ‘n mens kan ‘n selfoon soos ‘n ou huisfoon gooi nie, maar fokweet mamma is toe so moerig ek hoor eintlik hoe tref hy die Renault se dashboard. So besef ek mamma bestuur en praat op die selfoon en raak sommer lus en rapporteer die krimineel, maar wat ek eintlik gedink het was, wat gaan daai dashboard nie kos om reg te maak nie? Sien vorige Renault storie.

Nou ek is ook nie ‘n week getroud nie en ken mamma se kak en stuipe, eers kry ek die “silent treatment” – sy dink dit is ‘n straf maar dit is eintlik moer rustig.

Toe dit nie werk nie, kry ek die koue skouer en die sarkasme – nou as jy regtig jou vrou wil befok maak dat sy die mure uitklim dat moet jy maak asof jy nie die sarkasme verstaan nie en neem dit ernstig op. Sy het toe gedink ek gaan ingee en saamgaan om vrede te bewaar en haar , haar sin gee, maar toe nie. Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek daai bo lippie styf soos iets in spasme, en jy moet weet as daai lippie styf trek, trek die ander 2 toe soos ‘n plastiek speel pop se parra.

Maar so staan ek mos nie bakhand vir die wolscooter nie en ek besluit om aan te gaan met my lewe. Terwyl sy na ‘n dag oue baba deur ‘n venster gaan kyk van mense wat ons 1 keer in 2 jaar sien. Goeie tye! Elkgeval sy kom toe eerste by die huis en bel om te hoor waar ek rondloop? Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou! Koop nogal ewe ‘n coke en sweetie-pie vir haar om te wys ek gee om en is ‘n millennium man. “Nie dat ek bang is nie”

Elkgeval toe ek daar inkom kry ek steeds die stywe lippie, en daar is niks gemaak om te eet nie. Dit is mos die ander straf “die ek staak huiswerk omdat ek nie my sin gekry het nie”. Maar my hande is nie rond nie en ek maak vir myself ‘n toebroodjie. Toe sy sien die “ek staak straf” werk nie kom staan sy voor my en toe begin die kak. Die Naggg stadium, ‘n gekerm en gekla tot in alle ewigheid. Die bybel praat van ‘n vlamme hel, ek se kak storie, As daar ‘n hel is sal dit wees waar jy sit met 7 vrouens wat gelyk sanik oor hoe ‘n kak mens en man jy nou werklik is. Die ouens wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.

Maar so is ek mos nie ‘n klip nie, en raak ook moerig en sommer vinnig, en besluit maar nou sit ek my voet neer. Verduidelik toe vir haar dat ek nie werklik minder kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek nie gaan goo-goo, gaa-gaa het nie. En dat sy moet oor dit kom, of haar isues gaan afstap en my fokken uitlos. Maar fokken steeds hou sy nie op nie, en ek besluit maar nou is dit tyd om hand gemeen te raak. Nou, ek besef jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie, en ek bliksem toe maar ‘n bord teen die kombuis vloer neer. Man die stukke het nog nie eens gaan stil lê nie en sy gryp my beursie en pluk my 2de laaste R50 vir die maand daaruit en sê sy gaan more ‘n nuwe bord koop. Maar teen die tyd is ek al so liries befok en ek ruk sommer self my laaste R50 uit en sê sy moet maar twee koop, en ek gryp nog ‘n bord en mik-mik so na haar voete met ‘n wille swaai beweging van my arm asof ek epilepsie fake. Sy skrik en koes koes so gelyk, want sy dink hoe gaan sy vir haar vriende verduidelik ek het haar toon met ‘n bord gebreek. Maar met die wille aap dans van haar begin ek net te lag en besef hoe belaglik die hele affêre nou eintlik is.

Fokken groot fout bra, jy lag nie vir ‘n vrou wat kwaad is nie! Eers gryp sy die sleutels en gooi, maar sy mis my net net en gooi amper die agterdeur se venster uit. Toe gryp sy ‘n liter coke, ek wou nog koes maar toe tref hy my net so links onderkant my penis se voorpunt “so langs die knie”. Sjoe! Dit was close. Maar die aanval stop toe nie daar nie en mamma storm die kombuis binne soos een van daai mal vrouens op Flavour Flave. So besef ek, maar shit, ek het myself in die kombuis vasgekeer, ‘n groot fout.

En die dag voor dit het ons Ninja Assisans gaan kyk, nog ‘n groot fout. Ek dog sy sê dit was ‘n kak fliek, maar sy het duidelik meer aandag as ek gegee in die bioskoop. Sy trek daar los met kaal hande, maar daai arms swaai asof sy 2 ninjakas met spykers in rond slinger. Ek focus en gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar fok weet, sy doen daai flying-kick-back-twist-ankle-grinder move en trap my op die bors so tussen die moobs “man boobs”. Sy skop my so hard, laat ek hik en op my gat gaan sit. Daar lê ek in die kombuis so langs die Addis vullis blik tussen die stukke gebreekte bord wat my selektief sny soos ek probeer spartel om weg te kom van hierdie begeesterde bloeisel.

 Vir ‘n oomblik is ek in skok en dit voel soos ‘n ewigheid wat ek daar lê maar 2 sekondes later sien ek hier kom sy weer, maar die keer met ‘n besem. Wragtig ‘n fokken besem, ek het nooit gedink sy weet wat ‘n besem is nie, maar sy weet hoe om met hom te slaan.

Ek het mos nou die dag national geographic gekyk en besluit om in ‘n bondel te gaan lê en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie ek het steeds op my moer gekry. As dit nie was dat sy so onfiks is nie, was ek seker nou nog op die kombuis vloer tussen die splinters besig om pak te kry soos ‘n bergie wat ‘n fiets probeer steel het.

Toe alles kalmeer het, en die hond onder die bed uitkom en die kat van die gordyn raam afklim het ons wel lekker gelag oor die mannewales en vrede gemaak. Maar ja, die storie bewys dat jy wel mans kry wat soms ‘n pakslae kry by mamma, ek het net nooit gedink ek sou een van hulle gewees het nie. Die blink kant van alles is dat ek nou slaap soos ‘n baba, want ek weet as daar ‘n inbreker kom gaan hy goed op sy moer kry. Hoop net hy breek eers ‘n bord.

Groete Eerlike Smous Ps moenie vir my vrou sê van die storie nie.