Die Potlood Gelykenis

Posted: Maart 5, 2010 in Uncategorized

  In die begin het die Potloodmaker vir die Potlood gese:

Daar is 5 dinge wat jy moet weet voordat Ek jou uitstuur in die wereld.

Jy moet dit altyd onthou en jy sal die beste potlood word wat jy kan wees.

EERSTENS: Jy is in staat om groot dinge te doen, maar slegs as jy toelaat dat jy in Iemand se hand vasgehou word.

TWEEDENS: Van tyd tot tyd sal jy deur pynlike skerpmaak ondervind, maar dit is nodig sodat jy n beter potlood kan word.

DERDENS: Jy beskik oor die vermoe om foute wat jy maak reg te maak.

VIERDENS: Jou belangrikste deel is wat binne-in jou is!

VYFDENS: Ongeag die omstandighede, jy moet aanhou skryf. Jy moet altyd n duidelike wettige merk maak, ongeag hoe moeilik die situasie is.

Die potlood het verstaan en belowe om dit altyd te onthou.

En so het hy tussen die ander potlode in die pakkie beland, ten volle bewus van die doel waarvoor die Maker hom gemaak het.

Neem jy nou die plek in van die potlood; onthou hierdie 5 beginsels en moet dit nooit vergeet nie, en jy sal die beste word wat jy kan wees.

EEN: Dit sal moontlik wees om groot dinge te doen, maar slegs as jy toelaat dat God jou in hand hou.

En laat ander mense voordeel trek uit die gawes waaroor jy beskik.

TWEE: Jy sal van tyd tot tyd pyn ondervind soos jy geslyp word wanneer jy verskillende probleme ondervind.

Maar dit is nodig sodat jy n sterker persoon kan word.

DRIE: Jy sal instaat wees om foute reg te maak en moontlik ook deur dit groei.

VIER: Die belangrikste is dat jy moet onthou wat jy binne jou hart is.

VYF: Op elke oppervlakte wat jy loop, moet jy jou merk laat. Maak nie saak wat jou omstandighede is nie: Jy moet God dien in alles wat jy doen.

Elkeen is soos n potlood….

Gemaak deur die Skepper vir u unieke en spesiale doel.

Deur dit te verstaan en onthou, kan ons voortgaan met ons lewe op aarde sodat ons n doelgerigte lewe kan lei en in n daaglikse verhouding met God kan lewe.

Jy is betsem vir groot dinge in die hand van God!

Kommentaar
  1. Sharpshoot sê:

    Nogal waar né – lekker om op so eenvoudige manier weer bietjie iets te leer!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s