Kampvuur in jou Hart

Posted: Maart 8, 2010 in Uncategorized
’n Kampvuur in die bos

Ek het vanoggend so ’n mooi beeld in ’n boek raakgelees:Die outeur skryf dat wanneer ’n mens in die bosveld langs ’n groot knetterende kampvuur sit, hoor ’n mens feitlik geen dieregeluide in die bos nie. Jy is regtig nie eens bewus van enige gevaar van leeus of olifante of wat ook al nie.

Maar as daardie vuurtjie begin doodgaan, begin die gevaar al hoe groter raak, en raak ’n mens ook al hoe meer bewus van die dieregeluide. Net iemand wat regtig al gesit het langs ’n kampvuur in die bos wanneer dit besig is om dood te gaan, sal hierdie beeld presies verstaan. Die vuurtjie word al hoe kleiner, en dit word al hoe kouer, en die nag word al hoe swarter, en jy wonder al hoe meer oor die gevare wat in die bos skuil.

Toe skryf die persoon dat dit presies ook so gaan met ons geestelike lewe: Hoe sterker die vuur van die Heilige Gees in ons brand, hoe minder vrees ons gevare van buite. Maar hoe flouer God se Gees in ons lewe brand, hoe groter word die gevaar van buite.  
Dit is so ’n mooi beeld..

Ek wou dit sommer met jou deel vandag.

 

 

Kommentaar
  1. Sharpshoot sê:

    Daai Kampvuurtjie-sit-en-staar-nagte is ongelooflik!
    En daai ander KAMPVUUR is ook.
    Mooi skrywe Sparkie!

  2. twattie sê:

    Ja wat ‘n pragtige vergelyking – die Lig hou die donker weg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s