Swem in God se genade

Posted: Maart 16, 2010 in Uncategorized

Die klein vissie swem, duidelik gestres, op en af in die middel van die oseaan.
Hy swem by die groot vis verby, en die ou kan sommer dadelik sien daar’s fout.  
 Hy roep die klein vissie terug en vra hom waarna hy so ernstig opsoek is.
Die vissie sê toe dat hy dringend opsoek is na water, want hy’t iemand hoor sê dat ‘n vis doodgaan sonder water.  
Die groot vis, duidelik al ‘n “old campaigner”, antwoord: “Maar Vissie, jy Swem nog jou hele lewe lank in die water…..!”  
Wat ‘n openbaring vir die klein vissie!
Hy kon nie gou genoeg terugswem na sy vriende toe om vir hulle die goeie nuus te gaan vertel nie!  

As ons maar elke dag kan besef ons swem in die seën van God,  
 swem in voorspoed,  
 swem in geluk en blydskap en  
 swem in die liefde van ons almagtige Vader!  
Dit is somtyds net nodig dat ons stop en dit raaksien!
Somtyds is dit selfs nodig dat ons so ‘n tydjie afknyp om God te bedank daarvoor.  
Wees jy nou die klein vissie en gaan vertel jou e-pos vriende waarmee God jou VANDAG geseën het!  
Ek het vandag ‘n werk, kos, klere, gesondheid, ‘n huis, ‘n motor, familie, vriende en ervaar liefde.
Ja ek LEWE in GENADE.
Ek DANK U, My Vader Heer vir alles waarmee U my so ryklik geseën het.

Kommentaar
  1. Sharpshoot sê:

    Jip, dit is so Parkes! Ons swem al lankal in dit wat ons so naarstigtelik nastreef!
    Nou wens ek net ek kan in geld begin swem😉

  2. twattie sê:

    Ek’s skuldig – as my oggende, soos vanoggend, net eenvoudig verloop soos die hond se dinges, moet ek myself tot stilstand dwing en dan voel ek skaam met die besef dat ek soveel het om voor dankbaar te wees!

  3. Suz sê:

    Ek het nou besef dan ek ook nie al die genade van God raak sien nie. Dankie dat jy my oge weer vir oop gemaak het.

  4. meermin sê:

    Dit is pragtig!!

  5. meermin sê:

    WAT HET GEWORD VAN JOU??????

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s