Hoe om “skerp” te bly!

Posted: Februarie 16, 2011 in Uncategorized

 Ek hoor vanoggend hierdie oulike verhaaltjie van twee houtkappers.  Een was ‘n bejaarde en die ander een nog ‘n jong knapie.  Op ‘n dag het hul besluit om ‘n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.
 
Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie.  Hy het gekap dat die byle huil!
Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus.
 
Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon verstaan het nie.
 
Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15 minute gerus het hy hul geantwoord “Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak”
 
So werk ons lewe ook.  Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer “skerp” te maak vir elke dag se dagtake?  Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?
Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer!

Kommentaar
  1. meermin sê:

    Middag hoe gaan dit nog met jou?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s